PRESS OFFICE
LISTING
Homenewsabout usContact UsWebsite
News

Aftelling begin vir die beste naweek nog: Laaste kans om al die aksie van die Randse Skou 2017 te geniet

Jy het slegs 'n paar dae oor om al die pret wat die Randse Skou aanbied te geniet as SA se grootste verbruikerekspo gerat raak vir 'n uitsonderlike Afsluitingsnaweek vol topgehalte vermaak.

Wie jy ookal is, wat jy ookal graag van hou om te doen, die Randse Skou het iets vir jou. Hier is ’n paar van die hoogepunte van die Randse Skou se Afsluitingsnaweek – Vrydag tot Sondag, 21-23 April 2017 – wat jou en jou gesin vir die hele dag sal vermaak... en alles ingesluit in jou toegangskaartjie.

Nuut: Die Flying Lions

Die Randse Skou het gereël vir ’n egte verrassing vir almal wat hou van die duik- en lusvlieg van ’n puik kunsvliegvertoning: die Flying Lions Formasie-Lugakrobatiese Span.

Twee maal per dag kan Randse Skou-besoekers op die Afsluitingsnaweek hulle oë lugwaarts rig wanneer die Flying Lions naby mekaar in formasie vlieg en barrel rolls, lus- en swiepvliegtoertjies uitvoer en die vermoë van hulle klassieke, enkelskroef- Harvard AT6-vliegtuie ten toon stel.

Dis ’n opwindende vertoning met volop brullende enjins, gekleurde uitlaatgasrook en die tipe laag-oor-jou-kop-vlieg-toertjies waarvoor die Harvards bekend is, en wat die Flying Lions so ’n gunsteling by groot lugskoue en gebeurlikhede regoor die land maak.

Die Flying Lions-span bestaan uit hoogs ervare vlieëniers wat hulle gewone lugrederywerk afwissel met hulle passie vir vlieg van klassieke vliegtuie. Scully Levin, wat meer as vyftig jaar se ondervinding in die vlieg van Harvards het, is die afrigkaptein by Mango Airlines. Arnie Meneghelli is ’n handelsvlieënier. Ellis Levin en Sean Thackwray is albei SAA-kapteins, met SAA-medevlieënier, Dewald Lourens, wat die span voltooi. Daar sal drie Harvards in die lug wees vir die Randse Skou, met verskeie lede van die span aan die stuur wanneer hulle lugrederypligte dit toelaat.

Nuut: Drone Racing Nationals

Nog ’n nuwe aantreklikheid wat die lugruim oor die arena sal deel is die SA Drone Open Class Nationals. Kom kyk hoe hoëtegnologie hommeltuie, of kwadrokopters, teen mekaar meeding in naelbyt-wedrenne om die voorgeskrewe renbaan, wanneer hulle deur booghekke en om vlae en struikelblokke beweeg teen ’n spoed van meer as 150 km/u. Kwalifiseerrondes vind plaas van 20-21 April, met eindrenne op 22 en 23 April.

Nuut: FMX-toertjievertoning

Waaghalsige FMX-ryers Nick de Wit, Dallan Goldman en Scotty Billett sal vlieg – al is dit net vir ’n paar sekondes – wanneer hulle hul swaartekrag trotserende toertjies soos tsoenamis, cliff hangers en agteroorbollemakiesie in hulle toertjievertoning, “Gravity Clash”, uitvoer.

Brian Capper sal ook die Xtreme Riding Xhibitions-vertoning aanbied, ’n aksiebelaaide Foot-up Trials-ryvertoning waar hy die feitlik onmoontlike struikelblokke op sy gespesialiseerde 300cc-oefenmotorfiets aandurf.

Nuut: Die Bounce Vibe Tribe

Die Bounce Vibe Tribe-span sal in die lug tol en draai op trampoliene van die Bounce Revolution se mobiele struktuur, en merkwaardige wip- en slam-dunking-vaardighede ten toon stel.

Nuut: Laat dit sneeu

Dit is jou laaste kans om in die sneeu te speel by die splinternuwe Danone Frozen Yoghurt World. Die hoogtepunt van hierdie winterspeelgrond is die Danone-sneeuglybaan, ’n ses-meter-hoë sneeubaan bedek met 20 sentimeter egte sneeu waar jy ’n sneeubinneband kan gryp en styf vasklou vir 30 meter se glypret.

Nuut: Die Let's Play-sportsaal

Buiten vir sokker, potspel (pool), kick darts, putt-putt en ’n geleentheid om teen virtuele Protea-boulers te kolf in die Standard Bank-kolfsimuleerder, het die Randse Skou twee eksklusiewe Afsluitingsnaweek-hoogtepunte uitsluitlik vir sport- en sportwedstrydliefhebbers.

Van 10vm op beide Saterdag en Sondag in Skakel (Link) 5/6, is daar die jaarlikse Randse Skou Potspelkampioenskappe, beslis een van die mees epiese potspeltitels wat enige speler in Suid-Afrika kan wen. Vier en sestig potspelspelers sal meeding om hierdie gesogte enkel titel in ’n direkte uitklopronde, met die eindwedstryd geskeduleer vir 5nm op 23 April.

Op Saterdag en Sondag is daar ook die SA se Sterkste Man-eindronde vir 2017. Plaaslike kragmanne sal dit uitwoed vir die titel in ’n reeks asemrowende kragvertonings.

Nuut: Motorry-ervarings

Motorentoesiaste kan deelneem in die Presisiebestuurervarings op die Randse Skou se NUWE gimkanabaan. Klim in ’n Opel vir ’n kort gevorderde bestuur-sessie met ’n instrukteur. Of gaan doen rowweterrein-ry op die Randse Skou se 4x4-baan, toetsbestuur voertuie van Isuzu, Chevrolet en Imperial Ford.

Stop dan by Saal 5 vir ’n padreis terug in tyd na Route 66. Geniet die omgewing en klanke van hierdie ikoniese era, met motorgedenkwaardighede met die hand uitgesoek by die Shawn Tyler Museum, uitstallings van klassieke motors en motorfietse, ’n Backdraft Cobra wat van meetaf gebou word, en selfs bietjie padkafeestyl verversings.

Op die verhoog: Kurt en TV-bekendes

Die Randse Skou se Showtime-verhoog het deurgaans die volle spektrum musiek- en verskeidenheidsvermaak tydens die vertoning. ’n Hoogtepunt van die Afsluitingsnaweek-program is die altyd opwindende Jimmy’s Steakhouse Sauce Celeb Braai-kompetisie, op Saterdag 22 April van 2nm-4nm. Sluit aan by die sterre van 7de Laan en Gold Diggers wanneer hulle die kole stook en die wors beskou.

Dan van 4nm-5nm op Saterdag, 22 April, geniet die trefferliedjies van Kurt Darren, wanneer hy en die Culture Dancers die skare op en aan die dans kry.

Op die verhoog: MiTalent en Mnr/Mej Randse Skou

Op Sondag, 23 April, maak die bekendes plek vir die talentvolle finaliste van die Randse Skou se talentvertoning, MiTalent, om 11vm. En dan van 12nm, sal die pragtige meisies en mans van Mnr en Mej Randse Skou die loopplank aandurf wanneer hulle meeding om die titels en pryse in verskeie ouderdomskategorieë.

Verken die wonder van die wetenskap

Daar’s baie om te doen in die Science & Technology-saal, waar kinders eksperimente kan uitvoer in die Wonderful World of Why-werkswinkels, en kyk na ontploffende daaglikse wetenskapvertonings met die Nutty Scientists. Daar’s ook ’n prehistoriese dinosourusdoolhof, ’n opblaasplanetarium met reise na die buitenste ruim wat op mekaar volg, en ’n PlayStation-speletjiesone... en dis maar die begin.

Trouens, baie meer...

Die Randse Skou het ook die Diereplaas geskep, waar daaglikse voël- en reptielvertonings plaasvind wat diereliefhebbers sal geniet, en waar kinders ’n mini- plaaservaring kan beleef by die troetelplaaswerf en die melkstalle.

Daar is tuinmaakwerkswinkels in die kweekhuis met JJ van Garden World, en Basiese Bakwerk-werkswinkels met Chysil Creativ en South Bakels in die Home Living-saal.

Johannesburg Design Week bied uitstallings aan oor innoverende plaaslike ontwerp, en in die Feeling Good-saal, bied SA-modeontwerper, Pieter Burger, ’n ontwerpuitstalling aan.

Daar is ure se verkenning en ontdekking wat meegemaak kan word by die reuse SANW-uitstalling, en die verskeidenheid uitstallings van die staatsdepartemente en semistaatsdepartemente in die Showcase SA-saal wat besoek kan word.

Kom leer meer oor die lewe van Nelson Mandela by die Nelson Mandela Foundation se uitstalling, en geniet die Every 1 Counts-inligtingsessie, speel en leer in Sanlam se mini-wiskundedorpie, Kwa-Sanlam.

En dis nie al nie... daar is werklik ’n hele dag uit vir die hele gesin, verpak in elke Randse Skou-toegangskaartjie.

Gaan na www.randshow.co.za en vind meer uit oor wat by die Randse Skou se Afsluitingsnaweek gebeur.

Wanneer, waar en hoeveel?

Die Randse Skou duur van Vrydag, 14 April, tot Sondag, 23 April 2017, van 9vm tot 7nm (hekke sluit om 6nm), by die Johannesburg Ekspo-sentrum, Nasrec (GPS – S26°14.484’ O27°58.510). Daar is volop parkering op die perseel met sigbare polisiëring.

Randse Skou-kaartjies by die hek kos R150 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers, R50 vir 13-16-jariges, R20 vir 6-12-jariges, en toegang vir kinders jonger as ses is gratis. Midweek-spesiale aanbiedinge vir Dinsdag, 18, Woensdag 19, en Donderdag, 20 April, is slegs R75 vir volwassenes, en R20 vir 13-16-jariges. Opelugparkering is R20 per motor. Kaartjies is by die hekke of deur Computicket beskikbaar. Kaartjies bied toegang tot ’n groot verskeidenheid vermaakhoogtepunte in, maar sluit ritte in die helikopter en op die enkelspoor, dryfvaartbaan, die pretpark, sakspronge en alle verversings uit.

Oor die Randse Skou

Datums: Goeie Vrydag, 14 April tot Sondag, 23 April 2017
Skou-ure: 09h00–19h00 Daagliks; 18h00 Laaste toegang
Plek: Johannesburg Ekspo-sentrum, hv Rand Show- & Nasrecweg, Nasrec (GPS - S26°14.484' O27°58.510')
Kaartjies: Beskikbaar by die hekke of deur Computicket (www.computicket.com). Kaartjiepryse beskikbaar by www.randshow.co.za of www.computicket.com.
Parkering: Opelugparkering is beskikbaar teen R20 per motor.
Woordvoerder: Mnr Craig Newman, Voorsitter - Dogan Exhibitions and Events (Edms) Bpk, Telefoon: 011 494 1920, E-pos: az.oc.ertnecopxe@ngiarc.

Vir meer inligting, besoek www.randshow.co.za of e-pos az.oc.wohsdnar@aidem.

20 Apr 2017 10:51

<<Back