PRESS OFFICE
LISTING
Homenewsabout usContact UsWebsite
News

SANW haal alles uit vir sy 2017-optrede by die Randse Skou

Hulle is terug! Die Departement van Verdediging en die SA Nasionale Weermag is weereens in vennootskap met die Randse Skou, wat ure se interaktiewe vermaak vir besoekers beloof met uitgebreide uitstallings en aksiebelaaide vertonings en demonstrasies.
KLIM AAN BOORD MET DIE SANW: Bring die kinders na die Randse Skou om te kyk na van die SANW se opwindendste toerusting, waaronder die Rooivalk, Oryx, Ratels, Casspir en die Olifant MK II-pantserwa ... en dit is maar die punt van die ysberg. Dit is ’n 10 000 vk m-uitstalling wat jy nie moet misloop nie. Randse Skou, 14-23 April 2017, Joburg Expo Centre, Nasrec.
KLIM AAN BOORD MET DIE SANW: Bring die kinders na die Randse Skou om te kyk na van die SANW se opwindendste toerusting, waaronder die Rooivalk, Oryx, Ratels, Casspir en die Olifant MK II-pantserwa ... en dit is maar die punt van die ysberg. Dit is ’n 10 000 vk m-uitstalling wat jy nie moet misloop nie. Randse Skou, 14-23 April 2017, Joburg Expo Centre, Nasrec.

Randse Skou-besoekers kan weer soos altyd verwag dat daar oor die Paasnaweek oorverdowende vermoë-vertonings in die Hoofarena gaan wees (14-17 April 2017), met genoeg geraas, gesimuleerde oorlogsgevegte en brullende enjins om die hele gesin te vermaak.

Die vier bene van die SANW kom ook weereens bymekaar om ’n reuse gesamentlike uitstalling van militêre toerusting van meer as 10 000 vk m aan te bied, volledig met ’n reuse uitkykbrug van waar die uitstalling besigtig kan word, plus die Rooivalk en Oryx, ’n duiktenk, en soveel meer.

Hier is ’n lys toerusting waarna besoekers by hierdie indrukwekkende uitstalling kan kyk.

SANW-loopbaandorpie

Suid-Afrikaanse Lugmag:


  • Rooivalk
  • Oryx
  • Buffalo Supreme-brandweerwa
  • Umlindi-antenne
  • TMR
  • Vliegtuigmeganika
  • Oorlewingstoerusting
  • Krygstuigseksie
  • DMS-masjienwerkswinkel
  • DMS-vliegtuigstruktuurseksie
  • Impala-simuleerder
  • Lugvaartbewustheid
  • Visuele vlieg
  • Young Falcons-program

SA Vloot:


  • Duiktenk
  • Rivierpatrollieboot
  • Aanklampboot
  • Sanad-vertoon wat bestaan uit ’n torpedo, 40/60 Bofor-geweer, Umkhonto-missiel, 3-pond-geweer, tweeling 12,7 mm-dubbelgeweer en montering,
  • Mynteenmaatreëlvertonings
  • Seemanskap-uitstalling
  • Hidrografie-uitstalling
    SA Weermag Infanterieformasie:
  • Vierwielmotorfietse
  • Perde
  • Jong honde aangewend vir opleiding en op grenspatrollie
  • ’n Ratel en sy wapenstelsel
  • Casspir en alle pelotonwapens

SA Weermagsteunformasie:


  • Zebra
  • Rooikat Mk 1D
  • Mk2-pantserwa en pantserwavervoerder
  • Ratel ZT3
  • Olifant Mk 1 A (slegs enjin)

SA Weermag Geskutformasie:


  • 155 mm GVS-geweer
  • 120 mm M5-mortier
  • Brandbeheerpostoerusting

SA Weermag ADA:


  • 35 mm MK V ADA-geweer
  • Thutlwa-radarstelsel
  • LPD 20-radarstelsel
  • 23 mm Bosvark-vliegtuigafweergeweer

SA Weermag Pantserwaformasie:


  • Pantserwavervoerder met Olifant MK II MBT
  • Ratel ZT3 – A
  • Rooikat Pantservoertuig
    SA Weermagingenieurformasie:
  • Bedryfskonstruksie met padskraper (Pankonstruksiemasjien)
  • Dieselbunker
  • Voorlaaier
  • Mobiele-werkswinkels
  • Skit Skeer
  • Gevegsingenieurs met toerusting en medium lêerbrug
  • Landmynoorlogvoering
  • Opvou-opvoubare brugstelsel
  • Tienmanbote

SA Weermag Intelligensieformasie:


  • Taktiese Intelligensie-beheerpuntstelsel
  • Steun- en Vervoerskuiling
  • Intelligensie Bestuurstelsel
  • Gevorderde waarnemingsprodukte
  • Basiese waarnemingstelsel
  • Bedryfs-, taktiese en teenintelligensieprodukte
  • Vragdratoerusting

Twee Seinregiment:


  • Kommunikasiesleepwa
  • Sleepwagemonteerde kragopwekker DACT 50/3 AMF

Sewe Seingroep:


  • C42-stel (PSU en basisstel) B27-radio’s
  • A53/B56, A39, A39 MK2, M-radiostelle
  • Diorama-slagveldminiature
    SAMGD:
  • Veldhospitaal
  • Mfezi-ambulans

Spesiale Magte:


  • Wahoo-boot
  • Hurricane-boot
  • Opblaasboot
  • See-oorlewing
  • Land-oorlewing
  • Voorstedelike toerusting
  • Wapens

Daar is so baie te sien en doen met die SANW, jy moet seker maak jy het genoeg tyd oor vir ander puik bedrywighede op die Randse Skou se lys van topgehalte vermaak.

Besoek www.randshow.co.za vir meer inligting oor die hoogtepunte wat hierdie jaar by die Randse Skou plaasvind.

Wanneer, waar en hoeveel?

Die Randse Skou duur van Vrydag 14 April tot Sondag 23 April 2017, van 9vm tot 7nm (hekke sluit om 6 nm), by die Johannesburg Ekspo-sentrum, Nasrec (GPS – S26°14.484’ O27°58.510). Daar is volop parkering op die perseel met sigbare polisiëring.

Randse Skou-kaartjies by die hek kos R150 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers, R50 vir 13-16-jariges, R20 vir 6-12-jariges, en toegang vir kinders jonger as ses is gratis. Midweek-spesiale aanbiedinge vir Dinsdag 18, Woensdag 19 en Donderdag 20 April is slegs R75 vir volwassenes, en R20 vir 13-16-jariges. Opelugparkering is R20 per motor. Kaartjies is by die hekke of deur Computicket beskikbaar. Kaartjies bied toegang tot ’n groot verskeidenheid vermaakhoogtepunte in, maar sluit ritte in die helikopter en op die enkelspoor-, dryfvaartbaan, die pretpark, sakspronge en alle verversings uit.

10 Apr 2017 12:20

<<Back