PRESS OFFICE
LISTING
Homenewsabout usContact UsWebsite
News

kykNET woeker in Afrikaans

As mense hul sit kry voor die televisie om te ontspan wil hulle in hul eie taal vermaak word, want dan voel hulle werklik tuis. En dís hoekom kykNET wéér sy gewig agter die Pendoring-reklametoekennings ingooi as Platinumborg. Dit gaan alles oor Afrikaans.
kykNET woeker in Afrikaans

"Ons kykers skakel in op ons programme omdat kykNET die kultuur, belange en passie van Afrikaanssprekende kykers en kykers wat Afrikaans verstaan, dien. Afrikaans is kykNET se kernbesigheid," sê Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale op M-Net.

Volgens Meiring is deur deel te wees van die Pendoring-reklametoekennings op langtermyn in kykNET se belang. "Sterk en volhoubare Afrikaanse reklame is belangrik. Afrikaanse televisie-advertensies is integraal deel van die Afrikaanse ekostelsel en solank as wat 'n taal kommersiële waarde het, bly dit volhoubaar.

Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale op M-Net
Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale op M-Net

"Daar is geen taal wat beter met 'n mens kommunikeer as die taal van jou hart nie en dit is gewoonlik jou moedertaal. Dit gee aan die kyker die gevoel dat daar moeite gedoen word om met hom in sy taal te kommunikeer - daarom sal hy dan ook moeite doen om ? sekere handelsmerk bo 'n ander te kies as hy weer in 'n winkel moet kies tussen 'n handelsmerk wat Afrikaans met hom praat en een wat nie.

Volgens Meiring vind kykNET dat adverteerders om dié rede dikwels hulle advertensies in Afrikaans oorklank en selfs oorspronklik vervaardig.

"Die bewusmaking van die doeltreffendheid van reklame in Afrikaans op 'n kanaal soos kykNET kan maatskappye oortuig om in Afrikaans te bly adverteer. Pendoring is 'n maatstaf hiervoor.

"kykNET se familie van kanale se identiteit is gewortel in die Afrikaanse taalgemeenskap in sy geheel. Ons mandaat is om programme in Afrikaans te vervaardig en te bly vervaardig. Dit is ons bestaansreg. Ten spyte van moeilike ekonomiese tye bly ons optimisties oor die feit dat Afrikaans steeds groot koop en verkoopkrag het. Die kykNET-kanale se ondersteuning bly groei.

"? Nuwe program wat kykers nie moet misloop nie wat so pas begin het, is die geselsprogram VeranderDinge (Sondagaande om 18:00, DStv 144) met Ruda Landman en Kim Cloete as aanbieders. Hulle gesels met bekendes oor lewensveranderende keerpunte in hul lewens - die persoonlike en dikwels pynlike goed waaroor hulle nog nooit wou praat nie. Ons loods ook vanjaar 'n derde Afrikaanse sepie wat in die Wes Kaap afspeel. Ons is baie opgewonde oor Afrikaans en al die hoogsopwindende projekte wat kykNET kan aanpak as gevolg daarvan," sê Meiring.

  • Die Pendoring-toekennings vind op 30 Oktober by Vodacom World, Midrand, in Gauteng plaas. Inskrywings vir advertensies en veldtogte wat van1 Julie 2014 en tot en met 31 Julie 2015 verskyn het of uitgesaai is, mag ingeskryf word. Die verlengde sluitingsdatum is 7 Augustus 2015. Inskrywings word aanlyn gedoen by www.pendoring.co.za.


23 Jul 2015 11:27

<<Back