PRESS OFFICE
LISTING
Homenewsabout usContact UsWebsite
News

Pendoring tel die dae voor sy 21 Julie sperdatum

Die Pendoring Reklametoekenings, wat vanjaar sy negentiende jaar vier, herinner alle voornemende deelnemers dat daar slegs 26 dae oor is voor inskrywings sluit vir vanjaar se kompetisie.

Vanjaar sal die algehele wenner van die Prestige-toekenning 'n studiereis ter waarde van R50,000 wen, terwyl die kliënt van genoemde veldtog 'n reuseprys van R2m in gratis media wen.

Die Eg Suid-Afrikaanse afdeling bied prysgeld van R20,000 vir die oorkoepelende Umpetha-toekenning en 'n nuwe Eg Suid-Afrikaanse vernufprys is by die lang lys van kategorieë gevoeg.

Die derde groot kontantprys van R10,000 word opsy gesit vir die beste studenteinskrywing. Hierbenewens kry elke Goue Pendoring-wenner 'n prys van R6,000 en elke Silwer Pendoring 'n R2,500 prys.

Meer inligting oor die kompetisie, die verskillende kategorieë en die borge is te vinde by www.pendoring.co.za.

Die Pendoringtoekennings vind op 24 Oktober by Vodacom world, Midrand in Gauteng plaas. Alle advertensies en veldtogte wat van 15 Julie 2013 tot en met 21 Julie 2014 verskyn het of uitgesaai is, kan ingeskryf word.

Sluit aan by Pendoring se Facebook-groep of volg @Pendoring_ on Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.

26 Jun 2014 10:58

<<Back